FAMILIEBYEENKOMSTE
Vreugde Gasteplaas is die ideale venue om ‘n klein familiebyeenkoms te hou - Maksimum 30 persone
ALGEMENE INLIGTING
Vreugde Gasteplaas is die ideale venue om ‘n klein familiebyeenkoms te hou.
Ons hoofgebou is agtkantig met verskeie dubbel- en familiekamers asook 'n groepkamer. ‘n Gemeenskaplike eetsaal/kuiervertrek en kombuis is beskikbaar in die hoofkompleks waar etes voorberei kan word asook braaigeriewe in die binnehof waar heerlik gekuier kan word.
Ons kan groepe tot 30 persone akkommodeer:
4 x Dubbelkamers = 8
4 x Familiekamers = 16
Kothuis = 6
Totaal = 30
Om te kwalifiseer om die hoofkompleks vir alleengebruik te hê, moet ‘n bespreking gemaak en betaal word vir minstens 8 persone vir twee aande soos hieronder uiteengesit.
Spesiale Pakketpryse:
Akkommodasie vir derde aand GRATIS
8 persone = R8,900 (Drie aande R9,900)
4 Dubbelkamers (Kamers 5-8)
Beddegoed en handdoeke word verskaf.
16 persone = R16,300 (Drie aande R17,300)
8 Dubbelkamers (Kamers 1-8)
Beddegoed en handdoeke word verskaf.
20 persone = R16,900 (Drie aande R17,900)
6 Dubbelkamers - Slaap 12
2 Familiekamers - Slaap 8
Beddegoed en handdoeke word verskaf.
20 persone = R19,300 (Drie aande R20,300)
8 Dubbelkamers (Kamers 1-8) - Slaap 16
Kothuis - Slaap 4
Beddegoed en handdoeke word verskaf.
25 persone = R20,900 (Drie aande R21,900)
6 Dubbelkamers - Slaap 12
2 Familiekamers - Slaap 8
Kothuis - Slaap 5
Beddegoed en handdoeke word verskaf.
30 persone = 2 aande is R24,000 (Drie aande R25,000)
4 Dubbelkamers - Slaap 8
4 Familiekamers - Slaap 16
Kothuis - Slaap 6
Beddegoed en handdoeke word verskaf.
Bogemelde pryse sluit die alleengebruik van die hoofkompleks in naamlik die binnehof, kombuis en eetsaal wat ingerig is met tafeltennis en ander speletjies asook die gebruik van basiese breekware en eetgerei.
Breekskade/opruimdeposito van R1,500 is addisioneel betaalbaar.
Addisionele Persone Tarief (Bespreking minimum twee nagte)
Addisionele volwassenes. (in Dubbelkamers) R400 p.p.p.n. wat deel
Enkel persoon in kamer: R550 per nag
Addisionele persone wat deel in kamers: R300 p.p.p.n. Beddegoed en handdoeke word verskaf.
(3de & 4de persoon in Familiekamer)
NOTAS:
1. Ons deel en korrespondeer slegs met een persoon wat die naweek fasiliteer en bespreking, toedeling van kamers, koste per persoon bereken en die invordering van finansies met familie hanteer. Hierdie persoon is ook verantwoordelik vir die betaling van depositos en die balans van die rekening soos aangetoon in die kwotasie wat aanvaar word.
2. ‘n Nie terugbetaalbare deposito van 50% is soos volg betaalbaar: 20% om bespreking te bevestig. 30% binne 30 dae nadat besprekingsdeposito betaal is, om tyd te bied om geld van familie in te samel.
Indien die byeenkoms nie kan plaasvind as gevolg van Covid-19 inperking, kan die byeenkoms uitgestel word na ‘n datum wat albei partye pas. Dit moet binne twaalf maande vanaf die aanvanklike bespreekte datum wees.
Die balans asook die breekskadedeposito is betaalbaar 21 dae vόόr datum van aankoms.
3. Kansellasievoorwaardes:
0% van Deposito is terugbetaalbaar.
Vanaf 30 dae voor byeenkoms is volle bedrag verskuldig.
Geen korting sal toegestaan word en geen gelde sal terugbetaal word vir aantal nagte/persone minder bespreek en/of geslaap ná aanvaarding van kwotasie nie.
4. Kamers waar beddegoed verskaf word, word toegedeel vir spesifieke persone vir die duur van die byeenkoms aangesien daar oor naweke en vakansiedae nie volle skoonmaakdienste beskikbaar is nie.
5. Breekskade/opruimdeposito van R1,500 is betaalbaar 21 dae voor aankoms saam met die balans uitstaande. Dié deposito is terugbetaalbaar ná berekening van skade en opruiming – indien enige.
6. Die bedrag van R100 per dag is betaalbaar vir elke dagbesoeker vanaf ouderdom 2 jaar. Dagbesoekers word nie toegelaat om sonder betaling oor te slaap nie.
7. Al die dubbel- en familiekamers is toegerus met 'n kitchenette, ketel, broodrooster en basiese eetgerei om ligte etes voor te berei. Die kitchenette is egter nie ingerig vir kook nie. Ses kamers beskik ook elk oor klein yskas en mikrogolfoond. Ys word nie verskaf nie.
8. Oor naweek en vakansiedae is geen skoonmaakdienste beskikbaar behalwe vir verwydering van vullis, skoonmaak van boma, braairoosters en drie-pootpotte. Vloere van gemeenskalike kombuis, eetsaal en opwas sal daagliks gemop word. Indien ander skoonmaakdiens benodig word, kan dit vooraf teen addisionele koste gereël word. Geen linne en handdoeke sal oor langnaweke en vakansiedae geruil word nie.
9. Stoele en tafels is beskikbaar in die eetsaal asook vyf agtkantige hout-tuintafels met sitplekke in die binnehof.
10. ‘n Boma is beskikbaar indien julle om ‘n kampvuur wil kuier. Eie vuurmaakhout moet verskaf word. Dit kan ook hier aangekoop word. Prys op aanvraag beskikbaar. Dit is raadsaam om addisionele komberse ook vir dié doel saam te bring aangesien komberse nie uit kamers geneem mag word nie.
11. Handdoeke mag ook nie uit kamers verwyder word nie. Bring asseblief ou handdoeke saam vir diegene wat in die modderdam wil baljaar.
12. Geen haardroërs is beskikbaar nie. Strykyster en plank is beskikbaar op aanvraag en daar mag slegs in die waskamer gestryk word.
13. Indien daar persone is wat wil hengel, kan ons vooraf reël met ons buurman.
14. Die organiseerders van die byeenkoms asook die gaste verleen toestemming dat Vreugde Gasteplaas en die bestuur op ‘n verantwoordelike basis fotos van kampgangers en aktiwiteite wat tydens die kamp geneem word, op verskeie sosiale media platforms kan plaas vir reklame doeleindes.
15. Alle persone wat Vreugde Gasteplaas besoek, betree die plaas en gebruik fasiliteite en toerusting op eie risiko en vrywaar die eienaars, bestuur en personeel van enige eise t.o.v. enige gebeurlikheid. Sien volledige Aanspreeklikheid en Vrywaring wat deur elke persoon onderteken moet word voor of met aankoms.
16. Tyd van Aankoms: 15:00 Reëling kan getref word om vroeër in te boek.
Tyd van Vertrek: 10h00 Reëling kan getref word om later te vertrek.

Daar is geen beter tyd as nou nie. Bespreek en beplan nou jul eerste of volgende byeenkoms.