TROUES
Of jy jou drome vir jou mooiste dag wil vlerke gee met plattelandse romantiek, vrolike eenvoud of deftige elegansie, Vreugde Gasteplaas bied iets vir elke smaak! ‘n Landelike plaasatmosfeer, netjiese geriewe en verskeie opsies vir die seremonie en onthaal sal jou droomdag prentjie-mooi inkleur. Ons bied verskeie opsies vir buitelug troues (onder 'n wilgeboom, by 'n dammetjie, op 'n plaat rotse, in die lieflike binnehof of op die stoep met ‘n fantastiese uitsig) en in die kapel met sy pragtige kruise. Sien terrein fotos. Vir die onthaal is daar ‘n keuse tussen die groot skuur en ‘n saal wat kleiner groepe kan akkommodeer . Die binnehof kan ook vir klein groepe gebruik word. ***** Fasiliteite Beskibaar Kapel Buitelug troue Eetsaal/binnehof (word aanbeveel vir klein groepe - maksimum 34 persone) Plaasskuur met sysaal Ablusiegeriwe is by beide die kompleks en skuur beskikbaar Bruidshuis (vir voorbereiding van bruid en gevolg) Kombuis en opwas (indien eie spyseniering gedoen word) Kwotasie vir spyseniering en lys van verskaffers is op aanvraag beskikbaar. Ons akkommodasie maak hierdie venue ideaal vir naweek troues. Kontak ons vir verskeie pakketpryse. Besigtiging van die venue sal slegs per afspraak geskied. Skakel: Katie 082 415 6311 |