KAMPE VIR CHRISTEN ENKELLOPENDES
Ons bevind ons in ‘n wêreld wat vir paartjies ontwerp is. Akkommodasie is goedkoper vir twee. Uitnodigings na gesellighede sluit ‘n metgesel in en selfs kampe en uitstappies wat aangebied word, is meestal vir paartjies, getroudes en families. As Christen enkelloper is dit nie altyd maklik om vriende met dieselfde waardes en lewensbeskouing te ontmoet nie, daarom bied Vreugde Gasteplaas die geleentheid vir jou om ‘n kamp by te woon met hope pret en interaksie waartydens jy met ander enkellopendes kan mingle sonder om “uit” te voel.
Ons kampe word aangebied vir volwasse enkellopers in alle ouderdomsgroepe. Hoewel kampgangers se lewenservaring en voorkeure verskil, is die kampe groot genoeg om te verseker dat daar persone sal wees met wie jy aanklank sal vind en hegte vriendskappe gesluit kan word.

Ons beplan egter om 'n kamp gedurende 2020 aan te bied. Sodra ons genoegsame belangstelling het, sal 'n datum bepaal word.
Indien jy belangstel om 'n kamp by te woon, voltooi asseblief onderstaande vorm sodat ons jou op hoogte kan hou.
Indien jy belangstel om 'n kamp by te woon, voltooi asseblief onderstaande vorm sodat ons jou op hoogte kan hou.