Vreugde Gasteplaas is 'n selfsorg fasiliteit met verskeie akkommodasiegeriewe.
Al die kamers het 'n en-suite badkamer en is toegerus met 'n kitchenette om ligte etes voor te berei. Die kitchenette is egter nie ingerig vir kook nie. Braaigeriewe is beskikbaar. Kamers 1 tot 4 (dubbelkamers) is apart van die hoofgebou en ander fasiliteite wat sorg vir genoegsame privaatheid terwyl die groter dubbelkamers (kamers 6 & 8), die familiekamers (kamers 5 & 7) asook die groep-slaaplokaal deel vorm van die hoofgebou. Die hoofgebou is agtkantig en al die kamers loop uit in 'n lieflike binnehof en bied ook toegang tot 'n lekker kuier-vertrek wat toegerus is met tafels, stoele, en sitkamerbanke. Ons het 'n drie-slaapkamer huis beskikbaar wat as eenheid verhuuur word vir tot 5 persone. Die huis verseker ‘n aangename verblyf met rustige plaasatmosfeer, privaatheid en gerief. Ons beskik ook oor 'n groepkamer wat tot 10 perone kan huisves met aparte ablusiefasiliteite vir dames en mans. Die groepkamer is ideaal vir fiets en motorfietsryers, stappers, atlete en toergroepe. Kamers is nie toegerus met TV nie. Geen troeteldiere word toegelaat nie. Kinders moet te alle tye onder ouertoesig wees aangesien hier rotse en dammetjies op perseel is. |
Vir meer inligting klik op skakels hieronder:
|
Vreugde Gasteplaas is die ideale keuse vir die kieskeurige reisiger wat rus en stilte verkies bo die aanhoudende lawaai van vragmotors en ander verkeer